NUUS

Screenshot 2017-09-11 21.26.00.png

ONTMOET ONS BABA-RENOSTER

Elke keer wat jy aansit vir ete by Restaurant JAN, word €1 van jou rekening bygedra tot The Rhino Orphanage, die liefdadigheidsorganisasie in Suid-Afrika wat omsien na Muffin, die baba-renoster wat ons aangeneem het. Muffin is 'n klein Witrenoster wat gebore is op die dag wat sy ma deur stopers geskiet is. Ons maandelikse bydrae verseker dat hy al die kos, mediese aandag, sekuriteit en liefde kry wat hy nodig het om sterk groot te word sodat hy mettertyd weer in die natuur vrygelaat kan word.