DIE RESTAURANT

ERFENIS

JAN is 'n fynproewer-restaurant in die ontluikende boheemse area van Nice Port, met spasie vir 24 gaste. Dis hier waar Sjef Jan Hendrik van der Westhuizen met onmiskenbare Suid-Afrikaanse gasvryheid eerlike hartskos bedien wat geinspireer word deur plaaslike produkte wat hy raakloop op varsgoederemarkte in die Suide van Frankryk.

 

Jan Hendrik is oorspronklik van Middelburg, 'n dorp in die Mpumalanga-provinsie van Suid-Afrika, en het kookkuns en toegepaste ontwerp studeer in Stellebosch. Daarna het hy gewerk vir verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale kostydskrifte. Dis gedurende hierdie tyd dat hy besef het sy droom is om Suid-Afrikaanse gunstelinge soos melktert en biltong op te dollie en bekend te stel aan die kieskeurige lekkerbekke in Europa. 

 

Restaurant JAN ontvang 1 Michelin stêr in die Franse uitgawe van die Michelin Gids 2016 en 2017. Jan Hendrik van der Westhuizen is die eerste Suid-Afrikaner om hierdie gesogde toekenning te ontvang.

HERFS SPYSKAARTE

DIE ONTDEKKING-SPYSKAART

'n Driegang-spyskaart wat bestaan uit seisoenale disse (slegs bedien oor middagete)

55.

DIE MARK-SPYSKAART

'n Viergang-proe-spyskaart wat bestaan uit klassieke Suid-Afrikaanse disse wat gekombineer is met Franse kooktegnieke en Mediterreense bestanddele.

98. Sonder wyn

137. Met wynparing

DIE JAN-SPYSKAART

Ons sesgang-spesialiteitspyskaart met tradisionele invloede van Suid-Afrikaanse gunstelinge gekombineer met Franse kooktegnieke en Mediterreense bestanddele.

118. Sonder wyn

164. Met wynparing