PRIVATE EETKAMER

Screenshot 2017-10-07 17.49.18.png

MARIA IS 'N PRAGTIGE, INTIEME EETKAMER EN ALTERNATIEWE BESTEMMING VIR DOELONTWERPTE GROEP-ERVARINGS.

HIERDIE NUWE TOEVOEGING TOT ONS BESTEMMINGSPORTEFEULJE IS REG OORKANT RESTAURANT JAN GELEË EN BIED DIESELFDE SPRYSKAART WAT VANAF 'N OOPPLAN-KOMBUIS BY 'N GEMEENSKAPLIKE LANGTAFEL BEDIEN WORD.

MARIA is met trots vernoem na Sjef Jan Hendrik se ma en ouma, en was ook die naam van Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur aan die Kaap) se vrou, ‘n nooi de la Quellerie,  wat een van die eerste Franse Hugenote was om haarself in Suid-Afrika te vestig. Die ruimte is lig en aanloklik, met ‘n neutrale kleurpalet, natuurlike hout-afwerkings en antieke Baccarat-kandelare - nommerpas vir 'n groep van tussen 6 en 14 gaste wat almal aan een langtafel sal aansit. Van hier kyk gaste uit op die oopplan-kombuis, waar 'n privaatsjef hul maaltyd optower en met behulp van 'n toegewyde kelner aan hul opdien.

DIE SPYSKAART

Die spyskaart wat by MARIA bedien word is 'n sesgang-proe-spyskaart met sjampanje as verwelkomingsdrankie, sowel as wynparing, water en koffie, teen 179 Euros per persoon. Gaste het ook toegang tot 'n komplimentêre parkeringsdiens voor die eetkamer.

BESPREKINGS

Om u bespreking te bevestig benodig ons 'n 50% deposito betaalbaar via kredietkaart of EFT. Moet asseblief nie huiwer om ons te kontak vir verdere besonderhede nie.  

Name *
Name